Op vyf-jarigeouderdom wen George sy eerste sang kompetisie saam met sy ouer broer Bertus en suster Anne as die “Meiring Trio”. Alhoewel hy ‘n plaasjapie van die Wesselsbrondistrik in die Vrystaat was, het George altyd geweet dat hy sang sy lewe wil maak en was vol vertroue dat hy ‘n blink toekoms het.
Gedurende sy skool jare in Nelsdrift Primere Skool en Welkom-Gimnasium het George ywerig deel geneem aan skool konserte, maar het nooit terug gestaan op die sportveld nie en verdien provinsiale kleure in rugby en atletiek. Sy groot liefde bly egter sang en George sing vir twee jaar in die Vrystaatse Jeugkoor. Gedurende die koor se Europese Toer in die vroeë negentigs, tree George op as die koor se solois.
Op 21 wen George die gesogte Radio Oranje (OFM) Sang kompetisie, sowel as die Star Model of the Year kompetisie en word gekies deur New Face Model Agentskap om na Europa te toer waar hy onder andere modelwerk doen vir Dolce & Cabana. Gedurende die volgende elf jaar reis George deur die wêreld en werk vir ‘n bekende koninklike familie en tree hy gereeld op in eksotiese plekke soos Dubai, Italie, Spanje, Marokko en Frankryk.
In 2006, aan gemoedig deur sy Ma, neem hy deel aan SABC2 se Supersterre en eindig tweede, waarna Sony Music twee suksesvolle albums vrystel, naamlik: ‘Onthou die Tye’ in 2007 en ‘Ek Glo in More’ in 2009. In 2008 word George gekies om die Nasionale Volkslied te sing in New Zeeland tydens die opening van die Drie Nasies toets teen die Springbokke. Gedurende dieselfde jaar sing George by nog toets wedstryde in Suid Afrika.
George was deel van die 2010 Face vs Voice OGAE kompetisie, waar hy die ‘Face’’ gedeelte wen en tweede eindig in die ‘Voice’ gedeelte en algeheel tweede eindig. Die kompetisie bestaan uit die top 26 Suid Afrikaanse manlike kunstenaars en word beoordeel deur 50 beoordeelaars regoor die wêreld.
George se 3de album ' Vreemde Wereld' is nou beskikbaar!
|